Orders placed after 16 December will be shipped on 6 January. Thank you

BITTERKOMIX IS TERUG MET BK19!

 

Offerlammers, heilige koeie, Judasbokke...Die hele plaaswerf word in Bitterkomix 19 (Soutie Press, 2023) gespitbraai.

Met hul kenmerkende satiriese styl, keer Conrad Botes (Konradski) en Anton Kannemeyer (Joe Dog) terug met ‘n nuwe uitgawe van Bitterkomix, die kultus strokiesprent wat in 1992 begin is, terwyl die twee studente was aan die Universiteit Stellenbosch. 

Of jy nou na links of regs neig, daar is doodgewoon geen heilige koeie of uitdrukkings vir die twee ‘geleentheidsmisdadigers’, die here Conrad Botes en Anton Kannemeyer nie. Bitterkomix 19 hou ‘n spieël omhoog, sodat ons kan sien hoe ons gemeenskap daar uitsien, ons skynheiligheid, ons dubbele standaarde, ons opsetlike onkunde, en ons vermyding, ten alle koste, van dit wat ons geword het.

Thomas Chatterton Williams, Ina van Zyl en Gerrit Olivier lewer bydraes, en Kannemeyer en Botes lê die kern bloot van skrapkultuur, seksisme, satire, kuns, bevoorregting en mishandeling. Donker, humoristies en ongemaklik, Bitterkomix 19 is ‘n sterk derduiwel.

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published